WET
Om die finansiële bestuur van die Wetgewer te reguleer op 'n wyse wat strook met sy status ingevolge die Grondwet; om te sorg dat alle inkomste, uitgawe, bates en laste van die Wetgewer bestuur word op 'n doeltreffende, doelmatige en deursigtige wyse; om voorsiening te maak vir die verantwoordelikhede van persone aan wie die finansiële bestuur in die Wetgewer opgedra is; en om voorsiening te maak vir sake wat daarmee verband hou.
INDELING VAN ARTIKELS
AANHEF
HOOFSTUK 1
INTERPRETASIE EN OOGMERKE
Woordomskrywings
Doelstellings van die Wet
HOOFSTUK 2
OORSIG, UITVOERENDE OWERHEID EN ADMINISTRASIE VAN DIE WET
Deel 1: Begrotings- en Oorsigkomitee
Begrotings- en Oorsigkomitee
Deel 2: Uitvoerende Gesag
Uitvoerende Gesag
Deel 3: Administrasie van die Wet
Rekenpligtige Beampte
Prestasie van Rekenpligtige Beampte
Waarnemende Rekenpligtige Beampte
Delegering van bevoegdhede en pligte deur die Rekenpligtige Beampte
Verantwoordelikhede van beamptes
HOOFSTUK 3
BEPLANNING EN BEGROTING
Voorbereiding van strategiese plan, jaarlikse prestasieplan en begroting
Strategiese plan
Jaarlikse prestasieplan
Jaarlikse Begroting
Indiening van strategiese plan, jaarlikse prestasieplan en begroting
Jaarlikse aanwendings en goedkeurings
Uitgawe voordat die Wetgewer se jaarlikse begroting aangeneem word
Ongemagtigde uitgawe
Ongemagtigde uitgawe van skenkerfondse
Virement tussen die hoofindelings binne die goedgekeurde begroting
Hantering van onbestede fondse
HOOFSTUK 4
KONTANTBESTUUR EN BELEGGING
Opening van bankrekening
Bestuur van bankrekening
Onttrekking uit bankrekenings
Beperkings op lenery, waarborge en ander transaksies
Aanvraag van fondse deur Rekenpligtige Beampte
HOOFSTUK 5
Bate- en lastebestuur
Inkomstebestuur
Bestuur van debiteure
Uitgawebestuur
Steun vir lede en politieke partye
Oordragbetalings
Implementering van Begroting
Uitvoerende voorskrif met finansiële implikasies
Dreigende tekorte en oorbesteding
HOOFSTUK 6
VOORSIENINGSKETTINGBESTUUR
Toepassing van hierde Hoofstuk
Voorsieningskettingbestuur-beleid
Implementering van voorsieningskettingbestuur-beleid
Ongevraagde aanbiedinge
Tenders wat nie aanbeveel word nie
Lede van die Wetgewer wat belet is om op tenderkomitees te dien
Inmenging
Verbod op kontrakte
HOOFSTUK 7
OUDITKOMITEE EN INTERNE OUDITEENHEID
Instelling van ouditkomitee
Funksies van die ouditkomitee
Bewerings teen die Rekenpligtige Beampte
Interne Oudit
HOOFSTUK 8
VERSLAGDOENING EN OUDITERING
Deel 1: Verslaggewing deur die jaar
Kwartaallikse prestasieverslae
Halfjaarlikse beoordeling van begroting en prestasie
Indiening van verslae aan die Komitee
Deel 2: Jaarverslag, finansiële state en ouditering
Opstel van jaarverslae
Ouditering van jaarlikse finansiële state
Indiening van jaarverslag
Ter tafellegging en oorweging van jaarverslag
Sake wat geopper word in ouditverslae
Gevolge van nie-nakoming van sekere voorwaardes
Deel 3: Algemene verantwoordelikhede vir verslagdoening
Ander inligting
HOOFSTUK 9
REGULASIES EN INSTRUKSIES
Regulasies
Opdragte
HOOFSTUK 10
Finansiële wangedrag deur die Rekenpligtige Beampte
Deel 2: Strafregtelike verrigtinge
Misdrywe
Strafbepalings
HOOFSTUK 11
ALLERLEI
Aanspreeklikheid van funksionarisse wat bevoegdhede en funksies ingevolge hierdie Wet uitoefen
Korttitel en inwerkingtreding
BYLAAG 1
Gedragskode van die Uitvoerende Gesag
BYLAAG 2
Aangeleenthede wat in die Wetgewer se Voorsieningkettingbestuurbelied gedek moet word
BYLAAG 3
AANHEF
TER ERKENNING DAARVAN -
dat die Wetgewer gereël word deur demokratiese waardes en beginsels wat in die Grondwet vasgelê is
EN ten einde -
n hoë standaard van professionele etiek in die finansiële bestuur van die Wetgewer te bevorder en te handhaaf;
doeltreffende, ekonomiese, en doelmatige gebruik van hulpbronne te bevorder wat aan die
Wetgewer toegewys is; en te sorg vir deursigtige, toerekenbare en gesonde bestuur van die inkomste, uitgawe, bates en laste van die Wetgewer;
WORD DAAR BEPAAL deur die Provinsiale Wetgewer van die Provinsie Vrystaat, soos volg:-
Afrikaanse teks deur die Premier bekragtig en geteken.
HOOFSTUK 1
INTERPRETASIE EN OOGMERKE
Woordomskrywings
In hierdie Wet, tensy die konteks anders bepaal, beteken -
amptenaar" 'n werknemer van die Wetgewer of enige ander persoon aan wie enige funksie ingevolge hierdie Wet gedelegeer word;
Begrotings- en Oorsigkomitee" 'n komitee van die Wetgewer wat verantwoordelik is vir oorsig ingevolge hierdie Wet;
begrotingspos" beteken daardie gedeelte van die Wetgewer se begroting wat deel uitmaak van 'n Begrotingswet wat die totale bedrag fondse spesifiseer wat uit die
Provinsiale Inkomstefonds vir die Wetgewer begroot moet word;
die WOFB" die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, 1999 Wet No. 1 van goedgekeurde begroting" die totale bedrag fondse wat die Wetgewer -
a vir die Wetgewer toegewys het uit die Provinsiale Inkomstefonds in 'n begrotingspos ingevolge 'n provinsiale begrotingswet; en
b goedgekeur uit die Wetgewer se eie fondse ingevolge artikel 152b ;
hierdie Wet" bevat regulasies uitgereik ingevolge artikel 64 en Bylaes tot hierdie
Wet;
hoofindeling" een van die hoofsegmente waarin die Wetgewer se goedgekeurde begroting ingedeel is en wat die totale bedrag spesifiseer wat begroot en goedgekeur is vir die items onder daardie segment;
jaarlikse provinsiale begroting" die jaarlikse provinsiale begroting waarna verwys word in artikel 27 van die WOFB;
jaarverslag" die jaarverslag waarna verwys word in artikel 54;
kwartaal" enige van die volgende tydperke in 'n boekjaar:
LUR" die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir finansiële sake in die provinsie;
maand" 'n kalendermaand;
ongemagtigde uitgawe" beteken -
a oorbesteding van die Wetgewer se goedgekeurde begroting of 'n hoofindeling binne die begroting;
b enige uitgawe uit die Wetgewer se goedgekeurde begroting of 'n hoofindeling binne die begroting vir 'n doel wat nie verband hou met die goedgekeurde begroting of hoofindeling, onderhewig aan artikel 21; en c enige uitgawe of skenkersfonds vir 'n doel wat nie in die ooreenkoms met die skenker gespesifiseer is nie;
onreëlmatige uitgawe" uitgawe, behalwe ongemagtigde uitgawe, wat aangegaan is in oortreding van, of wat nie ooreenstem met, 'n vereiste van hierdie Wet of enige ander toepaslike wetgewing nie;
oorbesteding" -
a met betrekking tot die goedgekeurde begroting van die Wetgewer wat veroorsaak dat 'n uitgawe die bedrag oorskry wat vir die begroting toegewys en goedgekeur is; of b met betrekking tot die hoofindeling binne die goedgekeurde begroting van die Wetgewer, wat veroorsaak dat uitgawe ingevolge die hoofdindeling die bedrag oorskry wat vir daardie hoofindeling toegewys en goedgekeur is;
persoon in diens van die staat" -
a 'n lid van die direksie van 'n munisipale entiteit;
b 'n amptenaar van 'n munisipaliteit of munisipale entiteit;
c 'n werknemer van 'n nasionale of provinsiale departement, nasionale of provinsiale openbare entiteit of grondwetlike instelling binne die betekenis van die WOFB;
d 'n lid van die rekenkundige owerheid van enige nasionale of provinsiale openbare entiteit; of e 'n werknemer van die Parlement of 'n provinsiale wetgewer;
politieke partye" die politieke partye wat in die Wetgewer verteenwoordig word;
Provinsiale Tesourie" die Tesourie ingestel ingevolge artikel 17 van die WOFB;
Rekenpligtige Beampte" die Sekretaris van die Wetgewer, en sluit in, waar toepaslik, 'n persoon wat as Sekretaris waarneem, behoorlik aangestel deur die
Uitvoerende Gesag ingevolge artikel 4;
standaarde van algemeen-erkende rekenkundige praktyke" 'n rekenkundige praktyk wat voldoen aan die standaarde uitgereik deur die Minister van Finansies soos geadviseer deur die Raad van Rekenkundige Standaarde;
Uitvoerende Gesag" die Speaker van die Wetgewer;
vrugtelose en verkwistende uitgawe" uitgawe wat vergeefs aangegaan is en wat vermy kon word indien redelike voorsorg getref is;
Wetgewer" die Provinsiale Wetgewer van die Provinsie Vrystaat; en voorgeskryf" voorgeskryf deur regulasie ingevolge hierdie Wet;
Doelstellings van die Wet
Die mikpunte van hierdie Wet is -
a om te sorg vir deursigtige, toerekenbare en gesonde bestuur van die inkomste, uitgawe, bates en laste van die Wetgewer;
b om te sorg vir 'n raadplegende verhouding tussen die Wetgewer en die
Provinsiale Tesourie, wat op hoëvlak gevoer word en gegrond is op respek vir -
i die grondwetlike status van die Wetgewer;
ii die grondwetlike vereistes vir die indiening van geldwetsontwerpe;
iii begrotingsprosesse, standaarde van algemeen-erkende rekenkundige praktyk, eenvormige uitgawe klassifiserings en tesourie norme en standaarde wat ingevolge die WOFB ingestel is; en iv die fiskale beleid van die Provinsiale Regering tot die mate wat dit op die Wetgewer van toepassing is;
c om die Provinsiale Tesourie -
i die geleentheid te bied om kommentaar te lewer op voorgestelde jaarlikse begrotings en aansuiweringsrekening van die Wetgewer;
ii in te lig oor die voorgestelde jaarlikse begrotings en aansuiweringsbegrotings van die Wetgewer vir insluiting in die provinsiale jaarlikse begrotings en aansuiweringsbegrotings; en iii met gereelde inligting oor uitgawe by die Wetgewer te voorsien; en d om voorsiening te maak vir oorsig van die Wetgewer se begroting en uitgawe deur 'n gepaste komitee van die Wetgewer.
HOOFSTUK 2
OORSIG, UITVOERENDE OWERHEID EN ADMINISTRASIE VAN DIE WET
Deel 1: Begrotings- en Oorsigkomitee
Begrotings- en Oorsigkomitee
 'n Begrotings- en Oorsigskomitee moet oorsig hou oor die finansiële bestuur van die Wetgewing deur onder meer -
a oorweging te skenk aan die strategiese plan, jaarlikse prestasieplan en begroting wat ingevolge artikel 16 by die Wetgewer ingedien is;
b oorweging te skenk aan opdragte en voorskrifte wat ingevolge hierdie Wet deur die Uitvoerende Owerheid uitgereik is;
c oorweging te skenk aan die jaarverslag wat by die Wetgewer ingevolge artikel 59 ingedien is;
d enige ander funksies uit te voer wat in hierdie Wet of die Reëls van die Wetgewer gespesifiseer word, of strook met die doelstellings van hierdie Wet.
Verteenwoordiging op die Komitee moet ooreenstem met die Reëls van die
Wetgewer behalwe dat die Speaker en Adjunk Speaker -
a nie lede mag wees van die Komitee nie; en b slegs mag deelneem aan die besprekings van die Komitee op versoek van die Komitee.
Die Komitee kan die Rekenpligtige Beampte of enige ander amptenaar van die Wetgewer vra om voor hom te verskyn.
Die Komitee beskik oor dieselfde magte as komitees van die Wetgewer kragtens artikel 115 van die Grondwet en die Staande Reëls van die
Wetgewer.
Deel 2: Uitvoerende Gesag
Uitvoerende Gesag
 Die Speaker van die Wetgewer is die Uitvoerende Gesag van die Wetgewer.
Die Uitvoerende Gesag is verantwoordelik vir die tesourie funksies ten opsigte van die Wetgewer.
Funksies van die Tesourie behels -
a oorsig oor die voorbereiding van die Wetgewer se begroting;
b uitoefening van beheer oor die implementering van die Wetgewer se begroting;
c bevordering en afdwing van deursigtigheid en doelmatige bestuur ten opsigte van inkomste, uitgawe, bates en laste van die Wetgewer;
d sorg dat die Wetgewer se fiskale beleide in ooreenstemming is met die nasionale en provinsiale beleide; en e uitvoering van enige ander funksies wat in terme van hierdie Wet opgelê is.
Die Uitvoerende Gesag moet aan die Wetgewer verantwoord vir die doelmatige en doeltreffende finansiële bestuur van die Wetgewer.
Die Uitvoerende Gesag is verantwoordelik vir die aanstelling van die
Rekenpligtige Beampte.
Deel 3: Administrasie van die Wet
Rekenpligtige Beampte
 Die Sekretaris van die Wetgewer is die Rekenpligtige Beampte van die
Wetgewer.
Die Rekenpligtige Beampte moet aan die Uitvoerende Gesag vir die finansiële bestuur van die Wetgewer verantwoord.
Die Rekenpligtige Beampte moet sorg dat -
a die Wetgewer se hulpbronne doelmatig, doeltreffend en deursigtig aangewend word;
b volledige en behoorlike rekords gehou word van Wetgeweraangeleenthede;
c die Wetgewer doelmatige, doeltreffende en deursigtige stelsels handhaaf vir finansiële bestuur, risikobestuur, interne beheer en interne oudit;
d die Wetgewer enige verpligtinge nakom wat betrekking het op belastings, heffings, gelde, pensioene, mediese hulp en ouditering wat deur wetgewing opgelê mag word;
e die Wetgewer oor die nodige stelsels beskik om die werkverrigting van sy beamptes te bestuur;
f toepaslike opleidings- en bewustheidsprogramme gereed is wat betrekking het op finansiële bestuur vir beamptes van die Wetgewer;
g ongemagtigde, onreëlmatige en vrugtelose uitgawe en ander verliese vermy word en toepaslik opgetree word waar sodanige uitgawe plaasgevind het ;
h dissiplinêr opgetree word teen 'n werknemer van die Wetgewer wat na bewering finansiële wangedrag gepleeg het;
i waar toepaslik, strafregtelike verrigtinge aan die gang gesit word teen enige persoon wat na bewering 'n misdryf gepleeg het ingevolge artikel 68.
Prestasie van Rekenpligtige Beampte
 Die Uitvoerende Gesag en die Rekenpligtige Beampte moet jaarliks 'n skriftelike prestasieooreenkoms vir die Rekenpligtige Beampte aangaan.
Die prestasieooreenkoms waarna in subartikel 1 verwys word moet -
a binne een maand nadat die Rekenpligtige Beampte aangestel is gefinaliseer word en daarna binne een maand nà die begin van elke boekjaar;
b werkverrigtingstandaarde spesifiseer wat verband hou met die doelstellings en teikens van die Wetgewer se prestasieplan vir die boekjaar;
c voorsiening maak vir 'n jaarlikse beoordeling deur die Uitvoerende
Gesag van die Rekenpligtige Beampte se werkverrigting; en d die gevolge van onderprestasie spesifiseer.
Die bepalings van hierdie Wet wat verantwoordelikhede aan die
Rekenpligtige Beampte toeken maak deel uit van die prestasieooreenkoms van 'n Rekenpligtige Beampte.
Die jaarlikse beoordeling van die Rekenpligtige Beampte se werkverrigting moet kennis neem van die ouditverslag oor die jaarlikse finansiële state van die Wetgewer.
Waarnemende Rekenpligtige Beampte
Indien die pos van Rekenpligtige Beampte vakant raak, of indien die Rekenpligtige
Beampte nie in staat is om om die funksies van die pos uit te voer nie, moet hierdie funksies uitgevoer word deur 'n ander amptenaar wat skriftelik deur die
Uitvoerende Gesag aangewys word.
Delegering van bevoegdhede en pligte deur die Rekenpligtige Beampte
 Die Rekenpligtige Beampte kan enige bevoegdhede of pligte wat aan die
Rekenpligtige Beampte deur hierdie Wet verleen word delegeer aan 'n beampte van die Wetgewer ooreenkomstig 'n stelsel van delegering.
Die Rekenpligtige Beampte moet deur raaadpleging met die Uitvoerende
Gesag die stelsel van delegring ontwikkel en dit moet -
a administratiewe en operasionele doeltreffendheid maksimaliseer; en b genoegsame wigte en teenwigte in die finansiële bestuur van die
Wetgewer voorsien.
Die Rekenpligtige Beampte moet gereeld delegerings hersien wat gedoen is ingevolge subartikel en, indien nodig, sodanige delegerings wysig of terugtrek.
'n Delegering ingevolge subartikel 1 -
a moet op skrif gestel word;
b is onderhewig aan beperkings en voorwaardes wat deur die
c kan gedelegeer word aan 'n individu of aan die bekleër van 'n bepaalde pos in die administrasie van die Wetgewer;
d kan daardie amptenaar magtig om die gedelegeerde bevoegdheid of plig na 'n ander amptenaar, of die bekleder van 'n bepaalde pos in die administrasie van die Wetgewer te sub-delegeer; en e onthef nie die Rekenpligtige Beampte van enige verantwoordelikheid in die beoefening van die gedelegeerde bevoegdheid of die uitvoering van die gedelegeerde plig nie.
Die Rekenpligtige Beampte kan 'n besluit wat geneem is deur 'n beampte ingevolge 'n delegering kragtens subartikel bevestig, verander of herroep, onderhewig aan die regte wat gevestig geraak het as gevolg van die besluit.
Verantwoordelikhede van beamptes
Elke beampte moet -
a die bepalings van hierdie Wet nakom, insoverre dit van toepassing is op daardie beampte;
b die bepalings van die delegering nakom ingevolge artikel 9; en c alle redelike stappe doen binne die beampte se area van verantwoordelikheid om te verseker dat -
ii die Wetgewer se hulpbronne doelmatig, doeltreffend en deursigtig aangewend word;
iii enige ongemagtigde uitgawe, onreëlmatige uitgawe, vrugtelose en verkwiste uitgawe en ander verliese vermy word, en, wanneer sodanige of verliese plaasvind, dit aan die Rekenpligtige Beampte gerapporteer word;
iv alle inkomste verskuldig aan die Wetgewer ingevorder word; en v die Wetgewer se bates en laste doelmatig bestuur word, en dat bates beveilig en in stand gehou word tot watter mate dit nodig is.
 Die Rekenpligtige Beampte en ander beamptes aan wie daar kragtens hierdie
Wet enige verantwoordelikheid opgedra is moet -
a met getrouheid, eerlikheid, integriteit en in die beste belange van die
Wetgewer optree in die bestuur van sy finansiële sake;
b alle materiele feite openbaar maak wat aan daardie persoon beskikbaar is of redelikerwyse blootgelê is, en wat op enige wyse enige besluit of optrede ingevolge hierdie Wet kan beïnvloed; en c poog om te verhoed dat die finansiële belange en goeie naam van die Wetgewer benadeel word.
Vir die doeleindes van subartikel 1b, moet enige openbaarmaking -
a in die geval van die Rekenpligtige Beampte gedoen word aan die
Uitvoerende Gesag; en b in die geval van enige ander persoon, aan die Rekenpligtige
Beampte.
Geen persoon aan wie enige verantwoordelikheid kragtens die Wet opgedra is -
a kan optree op 'n wyse wat nie met die Wet ooreenstem; of b mag nie hul posisie gebruik of enige vertroulike inligting verkry in die beoefening van hul verantwoordelikhede, vir persoonlike gewin of om op onbehoorlike wyse hulself of enige ander persoon te bevoordeel.
HOOFSTUK 3
BEPLANNING EN BEGROTING
Voorbereiding van strategiese plan, jaarlikse prestasieplan en begroting
Die Uitvoerende Gesag moet -
a toesig hou oor die voorbereiding van die Wetgewer se strategiese plan, jaarlikse prestasieplan, begroting en aansuiweringsbegrotings ooreenkomstig hierdie Hoofstuk; en b die strategiese plan en jaarlikse prestasieplan in die Wetgewer ter tafel lê.
Strategiese plan
 Die Rekenpligtige Beampte moet, binne ses maande na 'n verkiesing van die
Wetgewer, of op enige ander datum soos deur die Wetgewer vasgestel, 'n konsep strategiese plan vir die Wetgewer aan die Uitvoerende Gesag opstel en voorlê.
Die strategiese plan vir die Wetgewer moet minstens -
a die volgende vyf jaar of ander tydperk dek soos deur die Wetgewer vasgestel;
b die voorkeure bepaal van die Wetgewer vir die tydperk van die plan;
c oogmerke en uitvloeisels vir elke program van die Wetgewer insluit ;
d meerjarige projeksies van alle inkomste en uitgawe insluit; en e prestasie-meting en aanwysers bevat vir die beoordeling van sy prestasie in die implementering van die strategiese plan.
Jaarlikse prestasieplan
 Die Rekenpligtige Beampte moet, binne agt maande voor die begin van die boekjaar, 'n konsep jaarlikse prestasieplan vir die Wetgewer opstel en dit by die Uitvoerende Gesag indien.
Die jaarlikse prestasieplan moet -
a die daaropvolgende boekjaar en die twee boekjare wat daarna volg dek of 'n ander tydperk vasgestel deur die Wetgewer;
b enige veranderinge aan die Wetgewer se voorkeure aandui soos uiteengesit in die strategiese plan wat ingevolge artikel 13 opgestel is;
c die inkomste- en uitgawe-projeksies vervat in die strategiese plan, bywerk;
d prestasieteikens spesifiseer met betrekking tot elk van die prestasiemaatstawwe en aanwysers vir die beoordeling van die
Wetgewer se prestasie in die verwesenliking van doelwitte en resultate wat in die strategiese plan uiteengesit is; en e besonderhede verskaf van die Wetgewer se projekte wat deur skenkers befonds is, met inbegrip van -
i die skenkers en die bedrae wat ontvang is;
ii die doel van die projekte; en iii die prestasiemaatstawwe en aanwysers vir die beoordeling van die Wetgewer se prestasie in die verwesenlik van die doelstellings van die projekte.
Ten spyte van die bepalings van artikel 141 moet die jaarlikse prestasieplan vir die boekjaar waarin 'n verkiesing gehou word binne ses maande nà die verkiesing voorberei word.
Jaarlikse Begroting
 Die Rekenpligtige Beampte moet, binne tien maande voor die begin van die boekjaar, 'n konsep jaarlikse prestasieplan vir die Wetgewer opstel en dit by die Uitvoerende Gesag indien.
Die Wetgewer se begroting moet -
a die daaropvolgende boekjaar en die twee boekjare wat daarna volg dek, of 'n ander tydperk vasgestel deur die Wetgewer;
b die Wetgewer se verwagte inkomste spesifiseer en onderskeid tref tussen-
i fondse wat toegewys word deur die jaarlikse provinsiale begroting;
ii fondse wat 'n regstreekse las uitmaak teen die Provinsiale
Inkomstefonds;
iii fondse verkry uit die Wetgewer se eie inkomstefonds ingevolge artikel 22 , uitsluitend skenkerfondse; en iv onbestede fondse ingevolge artikel 222;
c die Wetgewer se voorgestelde uitgawe vereistes per hoofindeling binne die begroting spesifiseer en onderskei tussen die bronne van die fondse geïdentifiseer in paragraaf (b);
d die doel van elke hoofindeling binne die begroting spesifiseer en verduidelikings en ander inliging ter stawing van die voorgestelde bedrae ingevolge paragrawe (b) en (c) gee;
e die toewysings aan Lede van die Wetgewer en politieke partye spesifiseer wat gedoen is ingevolge artikel 33 en besonderhede verskaf van die verskillende doeleindes waarvoor toewysings gedoen is en die bedrae wat vir sodanige doelindes toegewys is;
f besonderhede verskaf van alle oordragte aan ander entiteite;
g 'n bylae bevat van beplande uitgawe ingevolge projekte van die
Wetgewer wat deur skenkers befonds is; en h in 'n voorgeskrewe formaat wees.
Indiening van strategiese plan, jaarlikse prestasieplan en begroting
 Die Uitvoerende Gesag moet die volgende vir verwysing na die Komiteee in die Wetgewer ter tafel lê-
a die konsep strategiese plan van die Wetgewer, binne tien werksdae nadat dit vanaf die Rekenpligtige Beampte ontvang is;
b die konsep jaarlikse prestasieplan en die konsepbegroting , minstens een maand voor die konsepbegroting by die Provinsiale Tesourie ingedien word;
c die konsep jaarlikse prestasieplan en die konsepbegroting , minstens een maand voor die aansuiweringsbegroting by die Provinsiale
Tesourie ingedien word;
d enige konsephersienings aan die goedgekeurde toewysings van die
Wetgewer se eie fondse.
Die Uitvoerende Gesag moet -
a na raadpleging met die LUR 'n proses vasstel vir die indiening van die Wetgewer se begroting en aansuiweringsbegroting aan die
Provinsiale Tesourie;
b die begroting van die Wetgewer bepaal, nà raadpleging met die LUR
voordat die begroting en die aansuiweringsbegrotings afgehandel is en die provinsiale begroting bekend gemaak word;
c die begroting en aansuiweringsbegroting by die Provinsiale Tesourie indien; en d die Wetgewer verteenwoordig in alle besprekings met die LUR oor enige aspek van die Wetgewer se begroting of aansuiweringsbegroting.
Jaarlikse aanwendings en goedkeurings
 Vir elke boekjaar, moet die Wetgewer-
a fondse aanwend soos beoog in artikel 152bi in die jaarlikse provinsiale begroting;
b die gebruik van fondse goedkeur soos beoog in artikel 152biv;
en c die gebruik van fondse goedkeur soos beoog in artikel 152biii.
Hersiening van 'n toewysing ingevolge subartikel 1a moet gedoen word-
a deur 'n provinsiale aansuiweringsbegroting waarna verwys word in artikel 31 van die WOFB; en b in ooreenstemming met die prosedure soos beoog in artikel 162.
Hersiening van 'n goedkeuring ingevolge subartikel 1b moet deur die
Wetgewer goedgekeur word.
Uitgawe voordat die Wetgewer se jaarlikse begroting aangeneem word
 Indien die Wetgewer nie sy jaarlikse begroting aanneem voor die begin van die boekjaar waarop dit betrekking het -
a kan fondse onttrek word uit die Provinsiale Inkomstefonds vir die vereistes van die Wetgewer gedurende daardie boekjaar as 'n regstreekse las teen die Fonds totdat die begroting aangeneem is; en b fondse uit die Wetgewer se eie inkomstebronne kan gebruik word om vereistes van die Wetgewer na te kom.
Fondse wat aan die Wetgewer beskikbaar gestel word ingevolge subartikel moet nie -
a gedurende die eerste vier maande van die boekjaar, vyf-en-veertig persent van die totale bedrag in die vorige goedgekeurde begroting oorskry nie;
b gedurende elk van die volgende maande, tien persent van die totale bedrag in die vorige goedgekeurde begroting oorskry nie ;
c in totaal die bedrag oorskry wat in die vorige begroting toegewys en goedgekeur is nie.
Die fondse waarvoor voorsiening gemaak is in subartikel 1is nie bykomend tot die fondse wat toegewys of goedgekeur is vir die desbetreffende boekjaar, en enige fondse wat onttrek of gebruik word ingevolge daardie subartikel moet geag word as dat dit deel uitmaak van die fondse toegewys en goedgekeur in die begroting vir daardie boekjaar.
Ongemagtigde uitgawe
 Hierdie artikel is van toepassing op enige ongemagtigde uitgawe deur die
Wetgewer, behalwe die ongemagtigde uigawe van skenkerfondse.
Ongemagtigte uitgawe aangegaan deur die Wetgewer word nie 'n las teen
Provinsiale Inkomstefonds, tensy -
a die uitgawe 'n oorbesteding van die Wetgewer se goedgekeurde begroting is nie en die Wetgewer 'n bykomende bedrag toewys om die oorbesteding te dek nie; of b die uitgawe vir 'n ander rede ongemagtig is en die Wetgewer die uitgawe magtig as 'n regstreekse las teen die Provinsiale
Inkomstefonds.
Die Wetgewer moet die Provinsiale Tesourie in kennis stel van enige ongemagtigde uitgawe wat ingevolge subartikel gemagtig word.
Indien die Wetgewer ongemagtigde uitgawe ingevolge subartikel 2 magtig maar nie 'n bykomende bedrag toewys om die ongemagtigde uitgawe-bedrag te dek, word die ongemagtigde uitgawe 'n las teen die Wetgewer se eie fondse.
Ongemagtigde uitgawe wat nie deur die Wetgewer goedgekeur word nie moet verhaal word van die persoon wat verantwoordelik is vir die ongemagtigde uitgawe.
Ongemagtigde uitgawe van skenkerfondse
 Enige ongemagtigde uitgawe van skenkerfondse wat deur die Wetgewer goedgekeur word, word 'n las teen die Wetgewer se eie fondse.
Ongemagtigde uitgawe wat nie deur die Wetgewer goedgekeur word nie moet verhaal word van die persoon wat verantwoordelik is vir die ongemagtigde uitgawe.
Virement tussen die hoofindelings binne die goedgekeurde begroting
 Die Rekenpligtige Beampte kan van 'n besparing gebruik maak in die totale bedrag wat toegewys is of wat goedgekeur is onder 'n hoofindeling binne die Wetgewer se goedgekeurde begroting om uitgawes te bestry onder 'n ander hoofindeling binne die goedgekeurde begroting, tensy die
Uitvoerende Gesag anders sou gelas.
Die Rekenpligtige Beampte moet die skriftelike toestemming bekom van die
Uitvoerende Gesag om die oorbesteding beoog in subartikel te bestry uit die besparings van 'n bedrag wat-
a spesifiek en uitsluitlik toegewys is vir 'n doel vermeld onder 'n hoofindeling binne die goedgekeurde begroting;
b toegewys of goedgekeur is vir oordrag na 'n ander instelling; of c toegewys of goedgekeur is vir kapitaalbesteding wanneer dit gebruik is om lopende uitgawe te betsry.
Die bedrag wat bespaar is onder 'n hoofindeling van die Wetgewer se goedgekeurde begroting wat ingevolge subartikel gebruik kan word, mag nie agt persent oorskry van die bedrag toegewys en goedgekeur onder die hoofindelin.
Hierdie artikel magtig nie die gebruik van 'n besparing van 'n bedrag wat 'n regstreekse las is teen die Provinsiale inkomstefonds die Wetgewer se toegewysde fondse aan te vul nie.
Die Uitvoerende Gesag kan ooreenkomstig artikel 64 en 65 regulasies uitvaardig of opdragte uitreik betreffende die toepassing van hierdie artikel.
Hantering van onbestede fondse
 Die Wetgewer is nie verplig om enige gelde terug te besorg aan die
Provinsiale Inkomstefonds, wat toegewys of goedgekeur is vir 'n bepaalde boekjaar maar wat nie bestee is nie.
Fondse wat toegewys maar nie bestee is in 'n bepaalde boekjaar nie, moet beskou word as fondse wat afkomstig is uit die Wetgewer se eie inkomstebronne, en die goedkeuring van die gebruik daarvan in daaropvolgende boekjare moet ooreenkomstig artikel 17 (b) geskied.
Fondse afkomstig uit die Wetgewer se eie inkomstebronne wat goedgekeur is vir 'n bepaalde boekjaar maar nie in daardie jaar bestee is nie moet goedgekeur word vir gebruik in daaropvolgende boekjare ooreenkomstig artikel 17 (c).
HOOFSTUK 4
KONTANTBESTUUR EN BELEGGING
 Die Uitvoerende Gesag moet 'n toepaslike beleid ooreenkomstig artikel 64
voorskryf-
a om te sorg dat doeltreffende en doelmatige bankdeponering en kontantbestuur plaasvind; en b vir die belegging van geld wat nie onmiddellik benodig word nie.
Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die instel van stelsels en prosedures vir die doelmatige implementering van die beleid wat voorgeskryf is ingevolge subartikel .
Opening van bankrekening
 Die Rekenpligtige Beampte moet na goedkeuring deur die Uitvoerende
Gesag en ooreenkomstig die beleid warna verwys word in artikel 23 -
a 'n bankrekening open waarin alle gelde ontvang deur die Wetgewer onmiddellik betaal moet word; en b ander bankrekenings soos wat nodig geag mag word open vir die doelmatige en doeltreffende bestuur van die Wetgewer se fondse.
Die Wetgewer mag nie 'n bankrekening open -
a in die buiteland;
b met 'n instelling wat nie as 'n bank geregistreer is ingevolge die
Bankwet, 1990 (Wet nr. 94 van 1990); of c anders as in die naam van die Wetgewer.
'n Bankrekening wat ingevolge hierdie artikel geopen word maak nie deel uit van die Provinsiale Inkomstefonds.
Die Rekenpligtige Beampte moet voorsgeskrewe tenderprosedures nakom.
Beheer van bankrekening
Die Rekenpligtige Beampte -
a moet alle bankrekenings van die Wetgewer administreer;
b is verantwoordbaar aan die Uitvoerende Gesag betreffende die Wetgewer se bankrekenings; en c moet nakoming van artikel 26 afdwing.
Onttrekking uit bankrekenings
 Slegs die Rekenpligtige Beampte of 'n amptenaar aan wie die bevoegdheid gedelegeer is ingevolge artikel 9, mag geld onttrek of die onttrekking van geld magtig uit enige van die Wetgewer se bankrekenings.
'n Delegering ingevolge subartikel 1 moet geskied ooreenkomstig die beleid wat gemaak is kragtens artikel 23.
Geld kan uit 'n bankrekening van die wetgewer getrek word slegs vir -
a die bestryding van uitgawes ooreenkomstig die Wetgewer se goedgekeurde begroting of wat vir die Wetgewer gemagtig is as 'n regstreekse las teen die Provinsiale inkomstefonds;
b die bestryding van uitgawes aangegaan met betrekking tot projekte wat deur skenkers befonds is;
c terugbetaling van geld wat foutiewelik in 'n bankrekening betaal is;
d ander terugbetalings wat deur die Uitvoerende Gesag goedgekeur is;
of e kontanbestuurs- of beleggingsdoeleindes ooreenkomstig die beleid wat ingevolge artikel 23 gemaak is.
Beperkings op lenery, waarborge en ander transaksies
 Die Wetgewer mag nie-
a geld leen nie;
b 'n waarborg of sekuriteit uitreik nie; of c enige soortgelyke transaksies aangaan wat hom verbind of kan verbind tot enige toekomstige finansiële verpligting.
Die Wetgewer is nie verbind deur 'n lening, waarborg, sekuriteit of ander transaksie wat aangegaan is in stryd met subartikel .
Subartikel 1 verhinder nie die Wetgewer daarvan om-
a waarborge uit te reik of daaraan verbind te word vir lenings ingevolge behuising wat deur die Wetgewer vir sy werknmers administreer word;
b bedryfshuurooreenkoms aan te gaan vir die gebruik van eiendom of toerusting; of
c kredietkaarte, vlootbeheerkaarte of ander kredietfasiliteite te gebruik wat binne dertig dae betaalbaar is vanaf die datum waarop die rekening gelewer word.
Aanvraag van fondse deur Rekenpligtige Beampte
Die Uitvoerende gesag moet na raadploeging met die LUR 'n proses vasstel vir die aanvraag van toegewese fondse om voorsiening te maak vir kontantvloeibestuur.
HOOFSTUK 5
Bate- en lastebestuur
 Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die bestuur van-
a die Wetgewer se bates, wat ook die beveiliging en instandhouding van daardie bates behels; en b die Wetgewer se laste.
Vir die doeleindes van subartikel 1 moet die Rekenpligtige Beampte sorg dat -
a die Wetgewer 'n rekenkundige en inligtingstelsel in stand hou wat rekenskap gee van sy bates en laste;
b die Wetgewer se bates en laste getakseer word ooreenkomstig die standaarde van algemeen-erkende rekenkundige praktyk; en c die Wetgewer 'n stelsel van interne beheer handhaaf vir die beheer van bates en laste, met inbegrip van 'n register van bates en laste.
Die Rekenpligtige Beampte mag nie die Wetgewer verbind tot 'n uitgawe waarvoor geld nie toegewys is nie.
Inkomstebestuur
 Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die bestuur van die
Wetgewer se inkomste.
Vir die doeleindes van subartikel 1 moet die Rekenpligtige Beampte sorg dat -
a die Wetgewer oor doelmatige inkomste-invorderingstelsels beskik;
b alle geld wat ontvang word onmiddellik in die bankrekening soos beoog in artikel 24 (a) gedeponeer word;
c die Wetgewer 'n rekenkundige en inligtingstelsel in stand hou wat -
i inkomste erken wanneer dit verdien word of betaalbaar is;
en ii rekenskap gee van ontvangste van inkomste;
iii die Wetgewer 'n stelsel van interne beheer in stand hou ten opsigte van inkomste; en iv alle inkomste deur die Wetgewer ten minste op 'n weeklikse grondlag gerekonsilieer word.
Bestuur van debiteure
 Die Rekenpligtige Beampte moet doelmatige en toepaslike stappe doen om alle gelde verskuldig aan die Wetgewer in te vorder insluitende -
a die byhou van toepaslike rekeninge en rekords vir alle debiteure, met inbegrip van gelde wat as gedeeltelike betaling ontvang word, en b indien toepaslik, regstappe neem.
Die Rekenpligtige Beampte kan skuld vereffen of afskryf slegs soos voorgeskryf.
Rente moet gehef word soos voorgeskryf op enige bedrag wat aan die
Wetgewer verskuldig is.
Uitgawebestuur
 Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die bestuur van die
Wetgewer se inkomste.
Vir die doeleindes van subartikel 1 moet die rekenpligtige sorg dat -
a die Wetgewer 'n doelmatige stelsel in stand hou van uigawebeheer, wat prosedures insluit vir die goedkeuring en magtiging van die onttrekking uitbetaling van fondse;
b die Wetgewer 'n rekenkundige en inligtingstelsel in stand hou wat -
i uitgawe erken wanneer dit aangegaan word;
ii rekenskap gee van krediteure van die Wetgewer; en iii rekenskap gee van betalings gedoen deur die Wetgewer;
c die Wetgewer 'n stelsel van interne beheer in stand hou ten opsigte van krediteure en betalings;
d die Wetgewer betalings doen -
i regstreeks aan die persoon aan wie dit verskuldig is tensy andersins ooreengekom is of vir 'n goeie rede; en ii Gf elektronies Gf by wyse van nie-oordraagbare tjeks, maar kontantbetalings en betalings deur middel van kontanttjeks kan vir uitsonderlike redes gedoen word, en slegs tot op 'n voorgeskrewe limiet;
e alle bedrae verskuldig deur die Wetgewer betaal word binne 30 dae na ontvangs van die toepaslike faktuur of staat, tensy -
i die bedrag onduidelik is of in twyfel getrek word; of ii daar andersins ooreengekom word; en f alle finansiële rekeninge van die Wetgewer maandeliks gesluit en met sy rekords gerekonsilieer word.
Steun vir Lede en politieke partye
 Die Uitvoerende Gesag moet regulasies uitvaardig betreffende die toewysing en gebruik van enige fondse wat deur die Wetgewer voorsien word aan politieke partye of aan Lede van die Wetgewer.
Voordat regulasies uitgevaardig word kragtens subartikel 1, moet die
Uitvoerende Gesag die politieke partye raadpleeg.
Die regulasies moet -
a die toewysing van fondse in verhouding tot die verteenwoordiging van 'n politieke party in die Wetgewer reguleer;
b die doelwitte spesifiseer waarvoor fondse gebruik mag word;
c voorsiening maak vir die spoedige betaling van fondse in 'n bankrekening;
d die verantwoordelikhede uitstippel van Lede van die Wetgewer en politieke partye om rekenskap te gee vir toegewese fondse;
e 'n prosedure instel waarvolgens Lede van die Wetgewer en politieke partye rekenskap gee van die gebruik van fondse;
f 'n formaat voorskryf vir finansiële state om rekenskap te gee van die gebruik van fondse;
g van politieke partye vereis om geouditeerde finansiële state in die voorgeskrewe formaat by die Rekenpligtige Beampte in te dien;
h voorsiening maak vir die terugvordering van fondse wat onreëlmatig bestee is; en i 'n prosedure instel vir die beslegting van geskille.
Die regulasies moet magtiging aan die Rekenpligtige Beampte verleen om fondse terug te hou wat aan 'n politieke party of 'n Lid van die Wetgewer toegewys is -
a totdat die Rekenpligtige Beampte -
i voldoende inligting ontvang het betreffende die vermoë van die politieke party of Lid om die fondse te bestuur en rekenskap daaroor te gee;
ii enige uitstaande ouditverslae ontvang het oor die gebruik van fondse van die Wetgewer deur die politieke party of Lid;
en iii enige ander inligting ontvang het wat redelikerwys nodig is om te bevestig dat die politieke party of Lid geregtig is op die fondse; en b in die geval van 'n gekwalifiseerde ouditverslag ten opsigte van sodanige befondsing, totdat voldoende maatreëls ingestel is om die kwalifikasie reg te stel.
Elke politieke party moet voorsien word van finansiële en administratiewe bystand in verhouding tot hul verteenwoordiging in die Wetgewer om hulle en hul leiers in staat te stel om op effektiewe wyse hul funksies in die
Wetgewer uit te voer.
Oordragbetalings
 Voordat fondse vanaf die Wetgewer oorgedra word na enige ander entiteit, moet die Rekenpligtige Beampte -
a skriftelike versekering verkry vanaf die entiteit dat dit doelmatige, doeltreffende en deursigtige finansiële bestuur- en interne beheerstelsels implementeer ; of b die oordrag lewer onderhewig aan voorwaardes en remediërende maatreëls wat die entiteit verplig om doelmatige, doeltreffende en deursigtige finansiële bestuur- en interne beheerstelsels in te stel en te implementeer.
Subartikel 1 is nie van toepassing op oordragte na entiteite in ander lande of na internasionale instellings nie.
Enige oordrag soos beoog in subartikel 2 word beheer deur die instrument wat die verhouding tussen Suid-Afrika en daardie entiteit of instelling reguleer.
Implementering van Begroting
Die Rekenpligtige Beampte is verantwoordelik vir die implementering van die
Wetgewer se begroting en moet verseker dat -
a besteding geskied ooreenkomstig die geodgekeurde begroting; en b inkomste en uitgawe behoorlik gemonitor word.
Uitvoerende voorskrif met finansiële implikasies
 'n Voorskrif met finansiële implikasies deur die Uitvoerende Gesag moet -
a op skrif wees; en b geaddresseer wees aan die Rekenpligtige Beampte.
Indien die implementering van 'n voorskrif soos beoog in subartikel 1
waarskynlik tot ongemagtigde uitgawe sal lei, moet die Rekenpligtige
Beampte -
a nie voortgaan met die implementering van die voorskrif nie; en b die Uitvoerende Gesag skriftelik verwittig van die moontlikheid dat die voorskrif tot ongemagtigde uitgawe kan lei.
Indien die Rekenpligtige Beampte voortgaan met die implementering van die voorskrif soos beoog in subartikel , sonder dat 'n verdere opdrag van die Uitvoerende Gesag ontvang is ingevolge subartikel , en dit ongemagtigde uitgawe tot gevolg het, sal die Rekenpligtige Beampte daarvoor verantwoordelik gehou word.
'n Amptenaar mag nie 'n voorskrif van die Uitvoerende Gesag implementeer wat moontlik finansiële implikasies kan hê nie, tensy die
Rekenpligtige Beampte 'n skriftelike opdrag uitreik om met die implementering voort te gaan.
Die Uitvoerende Gesag kan 'n opdrag aan die Rekenpligtige Beampte gee om voort te gaan met die implementering van 'n voorskrif soos beoog in subartikel slegs as dit voorsiening moet maak vir -
a 'n uitgawe van 'n buitengewone aard waarvoor daar nie op die oomblik voorsiening gemaak word in die Wetgewer se begroting en wat nie, sonder om die belange van die Wetgewer erg te benadeel, uitgestel kan word na 'n toekomstige toewysing of goedkeuring van fondse nie; of b 'n onvoorsiene en onvermydelike uitgawe wat deur die Wetgewer goedgekeur is.
Indien die Uitvoerende Gesag die Rekenpligtige Beampte opdrag gee om voort te gaan met die implementering van 'n voorskrif soos beoog in subartikel , moet die Uitvoerende Gesag die opdrag en die redes vir daar die opdrag skriftelik spesifiseer en sonder versuim a 'n afskrif daarvan aan die Rekenpligtige Beampte gee; en b 'n afskrif daarvan in die Wetgewer ter tafel lê vir spoedigeverwysing na die Komitee.
By ontvangs van 'n skriftelike opdrag soos beoog in subartikel 6, moet die
Rekenpligtige Beampte spoedig'n afskrif by die Ouditeur-Generaal liasseer.
Dreigende tekorte en oorbesteding
 Die Rekenpligtige Beampte moet-
a skriftelik aan die Uitvoerende Gesag verslag doen oor-
i alle dreigende tekorte in die begrote inkomste en oorbesteding van 'n hoofindeling binne die Wetgewer se begrotingspos; en
ii enige maatreëls wat getref is om sodanige tekorte of oorbesteding te voorkom of reg te stel; en iii voldoening gee aan enige remediërende maatreëls wat deur die Uitvoerende Gesag opgelê word om sodanige tekorte of oorbesteding te voorkom of reg te stel.
HOOFSTUK 6
VOORSIENINGSKETTINGBESTUUR
Toepassing van hierde Hoofstuk
Hierdie Hoofstuk is van toepassing op -
a die verkryging deur die Wetgewer van goedere en dienste; en b die wegdoening en verhuring van die Wetgewer se bates, met inbegrip van die wegdoening van goedere wat nie meer benodig word nie.
Voorsieningskettingbestuursbeleid
Die Uitvoerende Gesagmoet ooreenkomstig artikel 64 'n voorsieningskettingbestuur-beleid voorskryf wat -
a regverdig, billik, deursigtig, mededingend en kostedoeltreffend is;
b hoë etiese standaarde bevorder en bedrog, korrupsie, voortrekkery en onregverdige en onreëlmatige praktyke verhoed ;
c bekendmaking van belangebotsings vereis en dit op gepaste wyse hanteer;
d gepaste voorsieningskettingbestuursprosesse en -prosedures instel, met inbegrip van -
i vraagbestuur ;
ii verkrygingsbestuur;
iii logistiese bestuur;
iv wegdoeningsbestuur;
v risikobestuur; en vi gereelde beoordeling van voorsieningskettingprestasie; en
vii voldoening aan ander toepaslike wetgewing.
Implementering van voorsieningskettingbestuursbeleid
Die Rekenpligtige Beampte moet -
a die voorsieningskettingbestuursbeleid implementeer;
b alle redelike stappe doen om te sorg dat behoorlike meganismes ingestel is om oneerlikheid, voortrekkery en onregverdige en onreëlmatige praktyke te minimaliseer;
c sorg dat kontrakte wat aangegaan is vir die voorsiening van dienste en goedere behoorlik afgedwingword;
d die prestasie van kontrakteurs monitor; en e gereeld verslag doen aan die Uitvoerende Gesag oor-
i die bestuur van kontrakte en die prestasie van kontrakteurs; en ii die implementering van die beleid.
Ongevraagde aanbiedinge
 Die Uitvoerende Gesag mag 'n beleid voorskryf ooreenkomstig artikel 64
vir die oorweging van aanbieding om ongevraagde goedere of dienste te voorsien of wat gedoen word op 'n wyse wat nie ooreenstem nie met die voorsieningskettingbestuursbeleid soos beoog in artikel 39.
Die Rekenpligtige Beampte -
a word nie verplig om enige aanbieding soos beoog in subartikel 1 te oorweeg nie; en b kan 'n aanbieding soos beoog in subartikel 1 slegs ooreenkomstig die voorgeskrewe beleid oorweeg.
Tenders wat nie aanbeveel word nie
 Die Rekenpligtige Beampte moet die Ouditeur-generaal en die Uitvoerende
Gesag skriftelik in kennis stel indien 'n kontrak aangegaan is ten opsigte van n tender, kwotasie, of ander bod anders as die een wat aanbeveel is.
Subartikel 1 is nie van toepassing nie indien 'n kontrak aangegaan is ten einde 'n onreëlmatigheid reg te stel.
Lede van die Wetgewer wat belet word om op tenderkomitees te dien
Geen lid van die Wetgewer mag -
a 'n lid wees van 'n komitee wat tenders, kwotasies, kontrakte of ander botte vir die Wetgewer evalueer of goedkeur nie;
b enige vergadering van sodanige komitee as 'n waarnemer bywoon nie; of c op enige wyse deelneem om tenders, kwotasies, kontrakte of ander botte vir die Wetgewer te evalueer of goed te keur.
Inmenging
Geen persoon mag -
a inmeng met die voorsieningskettingbestuurstelsel van die Wetgewer , of dit op onbehoorlike wyse beïnvloed nie;
b die Rekenpligtige Beampte verhinder in die nakoming van sy verantwoordelikhede ingevolge hierdie Hoofstuk; of c enige tender, kwotasie, kontrak of bod wysig of daarmee peuter nie.
Verbod op kontrakte
Geen kontrak om goedere of dienste aan die Wetgewer te voorsien mag toegeken word aan -
a 'n Lid van die Parlement of 'n lid van die Kabinet b 'n Lid van die Provinsiale Wetgewer of 'n Lid van die Uitvoerende Raad;
c 'n munisipale raadslid;
d 'n persoon in diens van die staat wie se deelname in die bodproses vir die kontrak aanleiding kan gee tot 'n belangebotsing; of e enige entiteit waarin 'n persoon vermeld in paragrawe a tot d 'n
Direkteur is of 'n beherende aandeel of ander wesenlike belang besit.
HOOFSTUK 7
OUDITKOMITEE EN INTERNE OUDITEENHEID
Instelling van ouditkomitee
 Die Wetgewer moet beskik oor 'n ouditkomitee wat deur die Uitvoerende
Gesag aangestel is.
Die ouditkomitee moet -
a saamgestel word op 'n wyse wat sy onafhanklikheid verseker; en b bestaan uit minstens drie persone met toepaslike ondervinding en kennis.
Meer as die helfte van die lede van die ouditkomitee moet individue wees wat -
a nie in diens is van die Wetgewer of die staat nie en nie lede is van die Parlement, 'n provinsiale wetgewer, of 'n munisipale raad nie; en b geen persoonlike of finansiële belang het by enige aangeleentheid wat met die Wetgewer verband hou nie.
Die Uitvoerende Gesag moet een van die lede soos beoog in subartikel 3
aanstel, wat oor die nodige kennis en kundigheid van die funksionele gebied van die ouditkomitee beskik en ook beskik oor sake-, finansiële en leierskapsvaardighede, as voorsitter van die komitee.
Die voorwaardes vir die aanstelling en vergoeding van lede van die ouditkomitee soos beoog in subartikel moet strook met die vereistes vir ouditkomitees of ander staatsorgane, inaggenome die tariewe soos vasgestel deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters in oorleg met die Ouditeur-generaal, en die tariewe soos vasgestel deur die
Nasionale Tesourie.
'n Lid van die ouditkomitee wat 'n persoonlike of finansiële belang het in enige aangeleentheid wat voor die komitee dien moet sodanige belang aan die komitee bekend maak en uit die verrigtinge onttrek wanneer die aangeleentheid oorweegword.
Funksies van die ouditkomitee
 Die ouditkomitee moet-
i sy ouditbenadering en dié van die interne ouditeurs te rig;
ii sy werksprosedures uiteen sit; en iii die reëls vasstel wat sy verhouding met die interne ouditeurs en die Rekenpligtige Beampte beheer;
b ondersoeke doen na die Wetgewer se finansiële en risikobestuur soos wat nodig geag mag word of versoek word deur die
Rekenpligtige Beampte;
c in die jaarverslag van die Wetgewer kommentaar lewer op -
i doelmatigheid van interne beheer;
ii die gehalte van finansiële bestuur en enige verslae wat deur die Rekenpligtige Beampte kragtens hierdie Wet saamgestel is; en iii die gehalte van die jaarlikse finansiële state;
d rapporteer aan en die Rekenpligtige Beampte adviseer oor sake wat verband hou met die finansiële en risikobestuur van die Wetgewer;
en e enigiets waaroor hy besorg is aan die Uitvoerende Gesag en die
Ouditeur-generaal oor te dra indien hy dit nodig ag.
Die ouditkomitee, in die uitvoering van sy funksies, -
a het toegang tot die finansiële rekords en ander relevante inligting van die Wetgewer;
b moet so dikwels vergader as wat vereis word om sy funksies uit te voer, maar ten minste vier keer per jaar; en c moet skakel met -
i die interne ouditeure van die Wetgewer; en
ii die persoon wat deur die Ouditeur-generaal aangewys is om die finansiële state van die Wetgewer te oudit.
Bewerings teen die Rekenpligtige Beampte
Indien die ouditkomitee bewus word van inligting wat die rekenpligtige betrek by bedrog, korrupsie of growwe nalatigheid, moet dit spoedig by die Uitvoerende
Gesag en die Komitee gerapporteer word.
Interne Oudit
 Die Rekenpligtige Beampte moet die Wetgewer se interne ouditfunksie instel wat interne ouditering moet uitvoer ooreenkomstig die standaarde wat gestel word deur die Instituut vir Interne Ouditeurs.
Die interne ouditeurs moet die volgende opstel vir goedkeuring deur die ouditkomitee -
a werksprodedures om sy verhouding met die administrasie van die
Wetgewer te rig;
b 'n drie jaar risikogebaseerde ouditplan; en c 'n interne ouditprogram vir elke boekjaar wat die voorgestelde omvang van elke oudit uiteensit.
Die interne ouditeure moet ten minste kwartaalliks verslag doen aan die
Rekenpligtige Beampte en die ouditkomitee oor sy prestasie teenoor die jaarlikse ouditplan.
Die interne ouditeurs moet -
a onafhanklik wees van die aktiwiteite wat geoudit word; en b toegang hê tot die finansiële rekords en ander relevante inligting van die Wetgewer.
HOOFSTUK 8
VERSLAGDOENING EN OUDITERING
Deel 1: Verslagdoening deur die jaar
 Die Rekenpligtige Beampte moet, binne vyftien dae nà die einde van elke maand, finansiële verslae indien by die Uitvoerende Gesag en die
Provinsiale Tesourie, in 'n formaat wat vasgestel is deur die Uitvoerende
Gesag, wat die toestand van die Wetgewer se finansiële sake vir daardie maand en vir die boekjaar tot op datum weerspieël en besonderhede gee van -
a die werklike inkomste per inkomstebron;
b werklike uitgawe per hoofindeling;
c werklike kapitaaluitgawe per hoofindeling; en d waar nodig, 'n verduideliking van -
i enige wesenlike afwykings van die Wetgewer se geprojekteerde inkomste per bron, en van die Wetgewer se uitgaweprojeksies per hoofindeling; en ii enige remediërende of korrektiewe stappe wat gedoen is of gedoen moet word om te verseker dat geprojekteerde inkomste en uitgawe binne die Wetgewer se goedgekeurde begroting bly.
Die verslag moet 'n projeksie bevat van inkomste en uitgawe vir die res van die boekjaar, en enige hersienings uit die aanvanklike projeksies.
Die bedrae wat in die verslag weerspieël word moet in elke geval vergelyk word met die ooreenstemmende bedrae wat in die geprojekteerde kontantvloei en in die Wetgewer se begroting uiteengesit word.
Kwartaallikse prestasieverslae
 Die Rekenpligtige Beampte moet, binne dertig dae vanaf die einde van elke kwartaal, verslag doen aan die Uitvoerende Gesag oor die Wetgewer se prestasie met die implementering van die jaarlikse prestasieplan gedurende daardie kwartaal.
Die Wetgewer se finansiële verslae vir die kwartaal moet ingesluit wees by die kwartaallikse prestasieverslae.
Halfjaarlikse beoordeling van begroting en prestasie
 Die Rekenpligtige Beampte moet, voor 31 Oktober elke jaar, 'n verslag by die Uitvoerende Gesag indien wat die prestasie van die Wetgewer se administrasie gedurende die eerste helfte van die boekjaar beoordeel, inaggenome -
a die maandelikse verslae waarna verwys word in artikel 50 vir die eerste helfte van die boekjaar;
b die afgelope jaar se se jaarverslag, en vordering met die oplossing van probleme wat in die verslag geïdentifiseer is; en c prestasie met die implementering van die jaarlikse prestasieplan.
In die verslag moet die Rekenpligtige Beampte -
a aanbeveel of 'n aansuiweringsbegroting nodig mag wees; en b projeksies vir inkomste en uitgawe hersien tot die mate waartoe dit nodig mag wees.
Indiening van verslae aan die Komitee
 Die Uitvoerende Gesag moet die maandelikse, kwartaallikse en halfjaarlikse verslae binne vyf werksdae na ontvangs van die verslae in die Wetgewer ter tafel lê.
Die Wetgewer moet die verslae spoedig na die Komitee verwys.
Deel 2: Jaarverslag, finansiële state en ouditering
Voorbereiding van jaarverslae
 Die Rekenpligtige Beampte moet, vir elke boekjaar, 'n jaarverslag voorberei.
Die doel van 'n jaarverslag is om -
a 'n rekord te voorsien van die werksaamhede van die Wetgewer gedurende die boekjaar waarop die verslag betrekking het;
b 'n verslag te voorsien oor die prestasie van die Wetgewer; en c rekenpligtigheid te bevorder vir besluite wat gedurende die jaar deur die Wetgewer geneem is.
Die jaarverslag moet gebaseer wees op die jaarlikse prestasieplan en moet ten minste die volgende bevat -
a die jaarlikse finansiële state van die Wetgewer vir die toepaslike boekjaar soos ingedien by die Ouditeur-generaal;
b enige verduidelikngs wat nodig mag wees om finansiële state te verduidelik;
c die Ouditeur-generaal se ouditverslag oor daardie finansiële state ;
d 'n beoordeling deur die Rekenpligtige Beampte van die prestasie van die Wetgewer gedurende daardie boekjaar teenoor die doelwitte en uitkomste geïdentifiseer in die Wetgewer se jaarlikse prestasieplan;
e besonderhede van enige regstellende optrede wat gedoen is of gedoen moet word in reaksie op kwessies wat geopper is in die ouditverslag waarna in paragraaf (c) verwys word;
f die ouditkomitee se verslag; en g enige ander voorgeskrewe inligting.
 Die Rekenpligtige Beampte moet, vir elke boekjaar, jaarlikse finansiële state voorberei ooreenkomstig die standaarde van algemeen aanvaarde rekenkundige praktyk of ooreenkomstig die standaarde voorgeskryf deur die
Uitvoerende Gesag vir die doel om ooreenstemming met ander staatsorgane te handhaaf.
Die notas by die jaarlikse finansiële state moet minstens -
a besonderhede bevat van die vergoeding van die Rekenpligtige
Beampte en senior bestuurders, hetsy finansieel of andersins;
b ten opsigte van elke bankrekening wat deur die Wetgewer tydens die toepaslike boekjaar gehou is, die volgende bekend maak -
i die naam van die bank waar die rekening gehou word of gehou is, en die soort rekening; en ii die opening saldo's aan die begin en einde van die jaar in elk van hierdie bankrekenings;
c 'n opsomming voorsien van alle beleggings van die Wetgewer soos aan die einde van die boekjaar; en d besonderhede gee van -
i alle ongemagtigde uitgawe wat tydens die boekjaar voorgekom het met 'n aanduiding of dit invorderbaar is en daar moet onderskei word tussen ongemagtigde uitgawe van toegewese en goedgekeurde fondse, en ongemagtigde uitgawe van skenkerfondse;
ii alle wesenlike verliese, en onreëlmatige en vrugtelose en verkwistende uitgawe wat gedurende die boekjaar voorgekom het met 'n aanduiding of dit invorderbaar is;
iii enige dissiplinêre of strafregtelike stappe wat ingestel is as gevolg van sodanige verliese of ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawe; en iv enige wesenlike verliese wat afgeskryf is.
Indiening van jaarlikse finansiële state
Die Rekenpligtige Beampte moet, binne twee maande nà die einde van die boekjaar, die jaarlikse finansiële state indien by -
a die Uitvoerende Gesag;
b die Ouditeur-Generaal vir ouditering ; en c die Provinsiale Tesourie vir insluiting in die gekonsolideerde finansiële state.
Ouditering van jaarlikse finansiële state
 Die Ouditeur-generaal moet -
a die finansiële state oudit wat ingevolge artikel 56 ingedien is; en b 'n ouditverslag oor daardie state indien binne twee maande na ontvangs van die state by die Uitvoerende Gesag, deur die
Rekenpligtige Beampte;
Indien die Ouditeur-generaal nie in staat is om 'n oudit binne twee maande na ontvangs van die finansiële state te voltooi nie, moet die Ouditeurgeneraal o 'n verslag by die Uitvoerende Gesag indien waarin redes verskaf word vir die oponthoud.
Die Uitvoerende Gesag moet spoedig die verslag waarna verwys word in subartikel in die Wetgewer ter tafel lê.
Indiening van jaarverslag
Die Rekenpligtige Beampte moet die Wetgewer se jaarverslag binne een maand nadat dit van die Ouditeur-generaal ontvang is by die Uitvoerende Gesag indien.
Tertafellegging en oorweging van jaarverslag
 Die Uitvoerende Gesag moet die jaarverslag in die Wetgewer ter tafel lê.
Die jaarverslag, met inbegrip van die geouditeerde finansiële state en ouditverslag, moet openbaar gemaak word.
Die jaarverslag van die Wetgewer moet, na tertafellegging, verwys word na die Begrotings- en Oorsigkomitee.
Sake wat geopper word in ouditverslae
Die Rekenpligtige Beampte moet -
a spoedig enige sake wat deur die Ouditeur-generaal in 'n ouditverslag geopper word aanpak; en b die Uitvoerende Gesag adviseer oor die stappe wat gedoen word om die sake aan te pak.
Gevolge van nie-nakoming van sekere bepalings
 Indien die Rekenpligtige Beampte nie die jaarlikse finansiële state ooreenkomstig artikel 56 by die Ouditeur-generaal indien nie -
a moet die Rekenpligtige Beampte spoedig 'n skriftelike verduideliking indien wat die redes vir die versuim verskaf aan -
i die Ouditeur-generaal; en ii die Uitvoerende Gesag, en
b die Uitvoerende Gesag -
i moet aan die Wetgewer verslag doen betreffende die redes vir die versuim;
ii moet gepaste stappe doen om te verseker dat die finansiële state ingedien word vir ouditering; en iii kan gelas dat dissiplinêre stappe gedoen word teen die
Rekenpligtige Beampte of die amptenaar wat verantwoordelik is vir die versuim; en c die Ouditeur-generaal kan 'n spesiale verslag oor sodanige versuim aan die Wetgewer uitreik wat openbaar gemaak moet word.
Indien die Uitvoerende Gesag nie die jaarverslag in die Wetgewer binne ses maande na die einde van die boekjaar waarop dit betrekking hetter tafel lê
nie -
a sal die Uitvoerende Gesag -
i 'n verslag in die Wetgewer ter tafel moet lê oor die redes vir die versuim;
ii gepaste stappe moet doen om te verseker dat die jaarverslag in die Wetgewer ter tafel gelê word; en iii kan gelas dat dissiplinêre stappe gedoen word teen die
Rekenpligtige Beampte of die amptenaar wat verantwoordelik is vir die versuim.
Deel 3: Algemene verantwoordelikhede vir verslagdoening
Die Rekenpligtige Beampte moet besonderhede van enige ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawe, of die waarskynlikheid van enige sodanige uitgawe, onmiddellik nadat dit ontdek is aan die Uitvoerende Gesag rapporteer.
Ander inligting
Die Rekenpligtige Beampte moet voldoen aan enige versoek deur die Wetgewer, die
Komitee, die Uitvoerende Gesag, of die Ouditeur-generaal vir inligting, dokumente, verduidelikings en motiverings.
HOOFSTUK 9
REGULASIES EN INSTRUKSIES
Regulasies
 Die Uitvoerende Gesag kan regulasies uitvaardig wat nie teenstrydig is met hierdie Wet nie betreffende -
a enige saak ten opsigte waarvan hierdie Wet regulasies of beleid magtig;
b die hantering van, en beheer oor die bates van die Wetgewer;
c die verbetering en instandhouding van die bates van die Wetgewer;
d die vervreemding, verhuring of wegdoening op 'n ander wyse van die bates van die Wetgewer;
e 'n toepaslike voorsieningskettingbestuurstelsel vir die Wetgewer wat voldoen aan Hoofstuk 6;
f die finansiële bestuur van die voorsiening van steundienste en kiesafdelingsbefondsing aan politieke partye wat in die Wetgewer verteenwoordig word;
g die lewering van gratis dienste deur die Wetgewer se administrasie;
h die bepaling van enige fooieskale, ander heffings of tariewe wat verband hou met die dienste wat voorsien word deur die Wetgewer se administrasie;
i die afskryf van, of die vereffening van eise ten opsigte van, geldverliese of ander verlore batesvan die Wetgewer of bedrae verskuldig aan die Wetgewer;
j aanspreeklikheid vir verliese en skade, en prosedures vir verhaling, met inbegrip van die terugvordering van vrugtelose en verkwistende, ongemagtigde en onreëlmatige uitgawe;
k die kansellering of wysiging van kontrakte wat tot nadeel strek van die Wetgewer;
l die vereffening van eise deur of teen die Wetgewer;
m die afstanddoening van eise deur die Wetgewer;
n die kwytskelding van gelde verskuldig aan die Wetgewer;
o geskenke of donasies aan amptenare van die Wetgewer;
p ontvangsbewyse of ander bewyse van ontvangs van betalings, wat defektief of wat verlore of beskadig is;
q verandering van die tydperk waarbinne enige optrede ingevolge hierdie Wet moet geskied indien dit nodig is om ooreenstemming te bereik met die begroting of rekenkundige siklusse wat van toepassing is op die openbare sektor; en r enige ander aangeleentheid betreffende die finansiële bestuur van die
Wetgewer wat die toepassing van hierdie Wet mag fasiliteer.
Regulasies ingevolge subartikel 1 kan voorskryf dat die vooraf-goedkeuring van die Uitvoerende Gesag verkry moet word vir bepaalde optredes.
Die Rekenpligtige Beampte moet -
a verseker dat konsepregulasies wat deur hierdie Wrt vereis word voorbereiword;
b van tyd tot tyd regulasies hersien wat kragtens hierdie Wet uitgevaardig word; en c wanneer toepaslik, sorg dat konsepwysigings voorbereil word.
a Die Uitvoerende Gesag kan afwykings van regulasies goedkeur of 'n versuim om 'n regulasie na te kom kondoneer mits die doelstellings van die Wet nie ondermyn word nie.
b Die redes vir enige besluit geneem ingevolge paragraaf a moet skriftelik aangeteken word en spoedig by die oorsigmeganisme ingedien word.
Die Uitvoerende Gesag moet verseker dat 'n konsep van enige voorgestelde regulasies wat handel oor enige saak soos beoog in artikel 34 of Hoofstuk 6
vir kommentaar gepubliseer word.
Regulasies wat deur die Uitvoerende Gesag ingevolge subartikel 1 uitgereik word kan in werking tree slegs na beraadslaging met 'n portefeuljekomitee van die Wetgewer.
Die Rekenpligtige Beampte moet alle regulasies wat deur die Wetgewer goedgekeur is publiseer -
a in die dokument oor Aankondigings, Tertafelleggings en
Komiteeverslae van die Wetgewer; en b in die Provinsiale Koerant, indien die regulasies met 'n saak handel soos beoog in subartikel .
Opdragte
 Die Uitvoerende Gesag kan, vir die doel van die implementering van hierdie
Wet, skriftelike opdragte uitreik wat nie teenstrydig is met hierdie Wet of die regulasies kragtens hierdie Wet.
'n Afskrif van enige opdragte uitgereik ingevolge subartikel 1 moet spoedig ingedien word by die Begrotings- en Oorsigkomitee.
HOOFSTUK 10
Finansiële wangedrag deur die Rekenpligtige Beampte
 Die Rekenpligtige Beampte pleeg finansiële wangedrag indien die
Rekenpligtige Beampte opsetlik of op nalatige wyse -
a 'n bepaling van hierdie Wet oortree;
b versuim om 'n plig na te kom wat deur 'n bepaling van hierdie Wet aan die Rekenpligtige Beampte opgelê is;
c ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawes aangaan, 'n ander amptenaar van die Wetgewer toelaat of opdrag gee om dit te doen; of d onjuiste of misleidende inligting verskaf in enige dokument wat ingevolge hierdie Wet ingedien moet word by die Uitvoerende
Gesag, die Provinsiale Tesourie of die Ouditeur-generaal.
Die Uitvoerende Gesag moet -
a spoedig enige bewering van finansiële wangedrag teen die
Rekenpligtige Beampte ondersoek; en
b indien die ondersoek so 'n stap regerdig, dissiplinêre verrigtinge spoedigen ooreenkomstig die toepaslike stelsels en prosedures instel.
 'n Amptenaar van die Wetgewer aan wie 'n bevoegdheid of plig gedelegeer is ingevolge artikel 9, of wat finansiële bestuursverantwoordelikhede ingevolge artikel 10 uitoefen, pleeg finansiële wangedrag indien daardie amptenaar opsetlik of op nalatige wyse -
a versuim om die gedelegeerde bevoegdheid of plig uit te voer;
b versuim om 'n bepaling van die gedelegeerde bevoegdheid of plig na te kom of dit oortree;
c ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawes aangaan, 'n ander amptenaar van die Wetgewer toelaat of opdrag gee om dit te doen; of d onjuiste of misleidende inligting verskaf in enige dokument wat by die Rekenpligtige Beampte ingedien word;
Die Rekenpligtige Beampte moet -
a enige bewering van finansiële wangedrag teen 'n amptenaar ondersoek; en b indien die ondersoek so 'n stap regverdig, dissiplinêre verrigtinge binne dertig dae ooreenkomstig enige toepaslike stelsels en prosedures instel.
Deel 2: Strafregtelike verrigtinge
Misdrywe
 Dit is 'n misdryf vir die Rekenpligtige Beampte om -
a opsetlik of op nalatige wyse -
i 'n bepaling van artikel 6, 25c, 292a of c, 302a, b, c of d, 322a, b, c, d of f te oortree of versuim om dit na te kom; of ii te versuim om alle redelike stappe te doen om ongemagtigde, onreëlmatige of vrugtelose en verkwistende uitgawe te voorkom;
b artikel 113b te oortree;
c te versuim om alle redelike stappe te doen om korrupte praktyke te voorkom -
i in die bestuur van die Wetgewer se bates of ontvangs van geld; of ii in die implementering van die Wetgewer se voorsieningskettingbestuurstelsel;
d opsetlik die Uitvoerende Gesag of Ouditeur-Ggeneraal te mislei of inligting van hulle te weerhou oor enige bankrekenings van die
Wetgewer of oor geld wat deur die Wetgewer ontvang of bestee is;
of e opsetlik valse of misleidende inligting te verskaf in enige dokument wat ingevolge 'n vereiste van hierdie Wet by die Uitvoerende Gesag of Ouditeur-generaal ingedien moet word.
Dit is 'n misdryf vir enige amptenaar -
a aan wie 'n bevoegdheid of plig gedelegeer word ingevolge artikel 9, om die delegering of 'n voorwaarde van die delegering te oortree of opsetlik of op nalatige wyse te versuim om die delegering of 'n voorwaarde van die delegering na te kom;
b wat finansiële bestuursverantwoordelikehede uitoefen ingevolge artikel 10, om opsetlik of op nalatige wyse te versuim om daardie verantwoordelikhede na te kom; of c om artikel 113b te oortree;
Dit is 'n misdryf vir enige persoon om artikels 43, 44, of 46 te oortree.
Strafbepalings
'n Persoon wat skuldig bevind is aan 'n misdryf ingevolge artikel 68 is onderhewig aan 'n boete of aan gevangenisstraf vir 'n tydperk van hoogstens vyf jaar of beide.
HOOFSTUK 11
ALLERLEI
Aanspreeklikheid van funksionarisse wat bevoegdhede en funksies ingevolge hierdie Wet uitoefen
 Die Uitvoerende Gesag, die Rekenpligtige Beampte of enige ander amptenaar wat ingevolge hierdie Wet 'n bevoegdheid uitoefen of 'n funksie verrig, is nie aanspreeklik vir enige verlies of skade wat spruit uit die uitoefening van daardie bevoegdheid of die verrigting van daardie funksie in goeie trou.
Sonder om aanspreeklikheid te beperk ingevolge die gemene reg of ander wetgewing, kan die Wetgewer vanaf die Rekenpligtige Beampte of anderamptenaar, enige verliese of skade verhaal deur ditgely vanweë
opsetlike of nalatige onwettige optrede van daardie Rekenpligtige Beampte of ander amptenaar tydens die verrigting van 'n funksie ingevolge hierdie
Wet.
Korttitel en inwerkingtreding
Hierdie Wet heet die Wet op Finansiële Bestuur van die Vrystaat Provinsiale
Wetgewer, 2009 en tree in werking op die datum van publikasie in die Provinsiale
Koerant, sowel as in terme van die oorgangsreëlings in Bylaag 3.
BYLAE 1
ETIESE KODE VAN DIE UITVOERENDE GESAG
Die oogmerk van hierdie Kode is om die vertroue van die publiek en van Lede te versterk in die integriteit van die bestuur van die Wetgewer. Dit is van toepassing op die Uitvoerende Gesag van die Wetgewer en is aanvullend tot die Wetgewer se Etiese Kode. In erkentlikheid daarvan dat die
Uitvoerende Komitee in sy bekleding van 'n hoë openbare amp 'n verpligting het om amptelike funksies en pligte te verrig op 'n wyse wat die noukeurigste openbare ondersoek sal deurstaan, 'n verpligting wat nie nagekom word deur bloot net binne die wet op te tree nie.
Die Uitvoerende Gesag moet voldoen aan die beginsels van goeie staatsbestuur soos in hierdie
Bylae uiteengesit.
Die Uitvoerende Gesag moet -
a alle verpligtinge nakom wat hom opgelê is deur die Grondwet, die wet en die reëls, regulasies en beleide van die Wetgewer;
b sy of haar pligte verrig en bevoegdhede uitoefen met eerlikheid en noulettendheid en in ooreenstemming met die hoogste etiese standaarde;
c in alle opsigte optree op 'n wyse wat ooreenstem met die integriteit van sy of haar amp; en d sy of haar private sake reël op 'n wyse wat sal verhoed dat werklike, potensiële of skynbare belangebotsings sal ontstaan indien sodanige botsing wel ontstaan, die botsing ten gunste van die belange van die Wetgewer en die publiek sal oplos.
Die Uitvoerende Gesag mag nie -
a sy of haar posisie gebruik om haarself of homself te verryk nie of op onbehoorlike wyse enige ander persoon te bevoordeel nie;
b haarself of homself blootstel aan enige situasie wat die risiko inhou van botsing tussen amptelike verantwoordelikhede en privaatbelange;
c vergoeding ontvang vir enige werk of diens behalwe vir die verrigting van haar of sy funksies as Uitvoerende Gesag; of d enige toelaag wat deur die Wetgewer toegestaan word gebruik vir 'n doel behalwe dit waarvoor dit toegestaan is.
Enige klagtes betreffende die nakoming van hierdie Kode moet bepaalword deur die Etiekkomitee kragtens die Staande Reels van die Wetgewer om oorsig te hou oor die Etiese Kode vir Lede van die Wetgewer.
BYLAE 2
AANGELEENTHEDE WAT GEDEK MOET WORD IN DIE WETGEWER SE BELEID VIR
VOORSIENINGSKETTINGBESTUUR
Die Wetgewer se beleid vir voorsieningskettingbestuur moet die volgende aangeleenthede dek -
a die omvang van voorsieningskettingbestuursprosesse wat die Wetgewer mag gebruik, insluitende tenders, kwotasies, veilings en ander soortemededingende bieëry;
b wanneer die Wetgewer 'n bepaalde soort proses mag of moet gebruik;
c prosedures en meganismes vir elke soort proses;
d prosedures en meganismes vir buigsamer prosesse waar die waarde van 'n kontrak minder is as 'n voorgeskrewe bedrag;
e oop en deursigtige voorafgekwalifiseerde persone vir tenders en ander botte;
f mededingende bodprosesse waarin slegs vooraf-gekwalifiserende persone mag deelneem;
g boddokumentasie, en die advertering van en uitnodiging vir kontrakte;
h prosedures en meganismes vir -
i die oopmaak, registrasie en aantekening van botte in die teenwoordigheid van belangstellende persone;
ii die evaluering van botte om die beste waarde vir geld te verseker;
iii onderhandeling van die finale voorwaardes van kontrakte; en iv die goedkeuring van botte;
i keuringsprosesse en sekuriteitsklarings vir voornemende kontrakteurs op tenders of ander botte bo n voorgeskrewe waarde;
j verpligte openbaarmaking van enige belangebotsings wat voornemende kontrakteurs mag hê in spesifieke tenders;
k die omstandighede waaronder voornemende kontrakteurs uitgesluit kan word van oorweging vir enige kontrak op grond van belangebotsing;
l die gevolge van versuim om belangebotsings te openbaar ooreenkomstig die Beleid;
m deelname in die voorsieningskettingbestuurstelsel deur persone wat nie amptenare van die
Wetgewer of in diens van die Staat is nie;
n die uitsluiting van persone van deelname in tendering of ander bodprosesse, insluitende persone -
i wat die afgelope vyf jaar skuldig bevind is aan bedrog, korrupsie of enige ander misdaad wat oneerlikheid behels;
ii wat willens en wetens gedurende die afgelope vyf jaar 'n kontrak met 'n staatsorgaan verbreek het;
iii wie se belastingsake nie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geklaar is nie;
i bestryding van oneerlikheid, voortrekkery en onregverdige en onreëlmatige praktyke in voorsieningskettingbestuur; en ii bevordering van etiese gedrag deur amptenare van die Wetgewer en ander wat by voorsieningskettingbestuur betrokke is;
p die ongeldigmaking van aanbevelings of besluite wat geneem is, of op enige wyse beïnvloed is deur-
i Lede van die Wetgewer in oortreding van hierdie Wet of enige toepaslike etiese kode vir
Lede van die Wetgewer;
ii amptenare van die Wetgewer in oortreding van hierdie Wet of enige toepaslike gedragskode vir amptenare van die Wetgewer;
q die verkryging van goedere en dienste deur die Wetgewer deur kontrakte verkry deur ander staatsorgane;
r kontrakbestuur en geskilbeslegtingsprosedures;
s die delegering van die Wetgewer se voorsieningskettingbestuursbevoegdhede en -pligte na amptenare van die Wetgewer; en t die omstandighede waaronder 'n kontrak of ooreenkoms verkry deur die voorsieningskettingbestuursbeleid van die Wetgewer deur die partye gewysig kan word.
BYLAE 3
Artikel 13 en daardie gedeeltes van ander artikels van hierdie Wet wat verwys na die strategiese plan tree in werking op die datum van die eerste verkiesing vir die Wetgewer nadat die Wet in werking tree.
Artikels 14 tot 19, 21, 22 en 50 tot 61 tree in werking aan die begin van die eerste boekjaar nadat hierdie Wet in werking tree.
Tot tyd en wyl enige bepaling beoog deur items 1 en 2 van hierdie Bylae in werking tree, sal die
Wetgewer voortgaan om te voldoen aan enige toepaslike vereiste van die WOFB en die regulasies daarvan.
Tot tyd en wyl enige regulasie wat uitgevaardig moet word ingevolge hierdie Wet in werking tree, bly enige beleide, regulasies of reels betreffende die inhoud van sodanige regulasie van krag.
Indien, wanneer hierdie Wetin werking tree, daar geen prestasie-ooreenkoms bestaan vir die
Rekenpligtige Beampte soos vereis ingevolge artikel 7, moet 'n ooreenkoms binne 'n maand opgestel word.
Nadat hierdie Wet in werking tree, mag geen bevoegdhede of pligte gedelegeer word nie totdat die stelsel van delegering soos geantisipeer in artikel 9 aangeneem is; behalwe-
a amptenare wat bevoegdhede uitoefen of pligte uitvoer wat aan hulle gedelegeer is deur die
Rekenpligtige Beampte voordat hierdie Wet in werking getree het, kanvoortgaan om dit te doen; en b as 'n bevoegdheid of plig gedelegeer was aan 'n ampsbekleKr in die Wetgewer voordat hierdie Wet in werking getree het, kan die daardie ampsbekleKr en enige toekomstige ampsbekleKr voortgaan met die uitoefening van die bevoegdheid of die uitvoering van die plig.
Artikels 39, 40 en 41 tree in werking wanneer die regulasies wat geantisipeer word deur artikels 39
en 41 uitgevaardig word kragtens artikel 64.
Regulasies wat deur hierdie Wet vereis word moet binne 'n redelike tyd van die inwerkingtreding van die Wet uitgevaardig word.
